Staak oor kragtariewe


Die vakbond Numsa gaan glo ‘n massa-optog hou oor Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 16%.

Die vakbond wil ook ‘n dringende aansoek indien by die hooggeregshof oor die beoogde verhoging.

Die hoofsekretaris van Numsa sê die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) moet in belang van die armes Eskom se aansoek afkeur.

Numsa reken die verhoging gaan werksverliese veroorsaak.

Die sekretaris het uitgevaar teen die SAPD wat hulle verhoed het om by Nersa te betoog.

Hulle beplan egter om nog hierdie week by Nersa se kantore ye betoog, ongeag die uitkoms van die hofaansoek.

Nersa sal blykbaar nog hierdie week aankondig hoeveel die tarief verhoging sal wees wat jaarliks van toepassing sal wees vir die volgende vyf jaar.