Sonkrag-projek in aanbou


Die oprigting begin van 28 sonkrag-projekte wat in die eerste ronde van die regering se sogenaamde groenkrag-aankoopprogram.

Grond word nou ook gereed gemaak deur die Amerikaanse groep Solarreserve vir “son plase” van 64 MW elk by Postmasburg en noord van Bloemfontein.

Dié twee “son plase” is twee van die vyf grootste sonkrag projekte in die eerste fase.

Die ander is ’n “son plaas” van 75 MW, ook by De Aar, een van 72,5 MW naby Kathu in die Noord-Kaap en die Kalkbult-projek van 75 MW tussen De Aar en Philipstown.

’n Sonplaas van 75 MW kan tussen 20 000 en 30 000 huise van krag voorsien. ’n Groot “son plaas” beslaan ’n oppervlakte van ongeveer 150 hektaar.

Nege kleiner projekte word opgerig naby De Aar, Prieska, Malmesbury, Touwsrivier en Rustenburg.

Die oprigting van die grootste “son plase” duur ongeveer 18 maande.