So word Suid-Afrika vernietig


Gedurende die afgelope dae is die veertiende trein deur swartes aan die brand gesteek.

Die jongste voorval is ’n trein, wat van Parkstasie na Vereeniging onderweg was.

Die totale verlies wat deur brande veroorsaak is, beloop nou meer as R70 miljoen en dan is die skade aan werkverlies nie bereken nie.

’n Woordvoerder van Metrorail sê die doel is om dienste van die spoorweë totaal te ontwrig.

Hy sê die brandstigters werk in groepe om Metrorail landswyd te verlam.

Dit wil voorkom asof National Transport Movement aanspreeklik gehou gaan word met dié vandalisme. Lede van dié vakbond is vermoedelik vir baie van die voorvalle verantwoordelik.