SAPD gaan betaal dat hulle bars


Die Jagonderneming Scottco (Edms) Bpk se eis het geslaag teen die polisie en die Polisie moet skadevergoeding van sowat R50 miljoen betaal weens die verlies aan inkomste.
Die verlies is veroorsaak deurdat die polisie die uitvoerende hoof in 2004 onregmatig in hegtenis geneem en aangehou het.

Jaco Scott (39), is ’n beroepsjagter en die Uitvoerende Hoof van Scottco (Edms) Beperk. Hy het ’n kontrak gehad met ’n Amerikaanse entiteit maar dit verloor na die polisie hom in wederregtelik in hegtenis geneem het.

Scott is ook ’n ondernemer van jagtogte in Suid-Afrika.

Waarnemende regter Louis Vorster het in Pretoria bevind die Minister van Polisie moet R652 610 aan Scott betaal en R49,2 miljoen aan die Scottco-maatskappy.

Rente teen ’n koers van 15,5% per jaar word ook op dié bedrae gehef totdat alles betaal is. ’n Kostebevel is teen die Minister gegee.