Ruwe Suid-Afrika


Volgens vroeë berigte word die pad tussen Middelburg en Groblersdal (N11) met brandende buitebande en klippe versper. Dit vind plaas op die gedeelte van die pad wat onder konstruksie is by die Doringkop lokasie. Hierdie gedeelte van die pad het twee “stop en ry” gedeeltes. Indien ‘n mens daar vasgekeer word, waar gaan jy heen?

Wat die rede vir hierdie optrede is, is nie bekend nie. Na verneem word, word die voertuie wat die pad gebruik, glo met klippe gegooi.

Onwillekeurig word die vraag gevra. In geval van nood wat ’n mens noop om na die hospitaal op byvoorbeeld Middelburg te gaan, wat staan ’n mens te doen? Wat is die plan van optrede in so ’n geval.

Wetteloosheid is aan die orde van die dag en ons pragtige land is besig om elke dag meer en meer vervalle te raak.