RSA onderwys sneuwel


Sadou, die onderwysvakbond betoog voor die Departement van Onderwys in Pretoria oor arbeidskwessies wat sy lede raak.

Die grootste klag is dat 75% van die land se kinders daagliks beleef hoe onderwysers afwesig is, en toerusting nie beskikbaar is nie.

Nicholas Spaull, navorser van ekonomie aspekte aan die Universiteit van Stellenbosch het in ’n verslag skokkende afwesigheid syfers van onderwysers uit gewys.

Suid-Afrika het die hoogste afwesigheidsyfer uit 14 Afrika-lande.

Die RGN het in 2010 bevind dat 20 tot 24 dae se onderrigtyd verlore gaan op die wyse. In ander gewalle is tot 60% van lesinhoud nie gegee nie.

Spaull meen daar is ’n dringende behoefte aan verantwoordbaarheid by onderwysers.

’n Afgetrede skoolhoof wat verkies om anoniem te bly, sê dit is duidelik dat die land se onderwys gesneuwel het.

Verantwoordelike ouers sal hulle kinder na privaatskole neem om seker te maak hulle kry die regte opleiding, het hy gesê.