Ramphele se “Land van ons drome”


Dr. Mamphela Ramphele het tydens ‘n nuuskonferensie in Johannesburg gesê sy gaan ‘n “politieke platform” stig om die “land van ons drome” te herbou.

Die naam van die forum is “Agang”, wat blykbaar beteken “om te bou”.

Sy het gesê sy soek ’n beter toekoms vir almal, maar sy beskou haarself nie as ’n messias nie.
Sy wil ‘n brug tussen hierdie generasie en die kinders te bou. Sy is van mening dat die land van “ons drome weggekwyn”.
“Ons moet aan ons kinders sê : Ons het julle gefaal.”

Sy het ook gesê dit was nooit in haar planne om ‘n politieke party te stig of om by ‘n politieke party aan te sluit nie.
Waarnemers het gesê dit is prysenswaardige voorneme van dr. Ramphele, maar dan moet haar beter toekoms vir almal ook rekening hou met die vryheidstrewe van die Boere-Afrikaners.