Psssssst, gehoor wat sê die slimmes van: uie?


Wat ‘n fantastiese groentesoort om in jou huis en in jou lewe te hê! Dis juis rou uie wat uiters gesond is vir jou, maar moenie dat ‘n skerp asem in jou pad staan om die verskeie gesondheidsvoordele van die nederige ui te geniet nie. Hulle sê ook hoe skerper ‘n ui se reuk, hoe gesonder is hy. Dit is beter om so min as moontlik van die buitenste laag van die ui te verwyder aangesien die buitenste lae van die ui die meeste voedingswaarde bevat.
Uie het geweldig baie genesende uienskappe, is ‘n natuurlike anti-biotikum, anti-bakteries, asook ‘n natuurlike anti-septikum. Uie verwarm jou bloed en bevorder jou bloedsirkulasie. (Ons Boere eet seker baie uie, want ons bloed is altyd warm!)

Uie verlaag jou cholesterol, veral nadat jy vetterige kos geëet het. Dit bevat ook baie natuurlike magnesium wat jou hartspier en hartfunksies help versterk en verbeter.

Dis ook ‘n baie sterk anti-kanker middel. Dit reinig jou dermkanale en help om vyandige bakterieë te vernietig. As jy elke dag rou uie inkry, is jou kanse op kolonkanker feitlik nul.

Uie versterk jou longe, omdat dit ‘n natuurlike antibiotika is. Vir die antibiotiese waarde van uie, kou ‘n kwart ui twee tot vier maal per dag baie fyn.

Sit rou uie op ‘n seer tand, op ‘n seer pitsweer of op ‘n bysteek; hy trek die kwaad uit. Jy kan ‘n paar rou gesnyde uieskywe ook op ‘n wond dit wat nie wil genees nie, plak hom mooi toe en ruil dit elke 3-4ure. Dis ‘n wonderlike anti-septum!

Sit gerus uie in elk moontlike gereg wat jy kan opdis – dis die trane werd!