‘n Huis sonder suurlemoen is ‘n halwe huis! Suurlemoen word geslagte reeds vir sy terapeutiese doeleindes gebruik.
Suurlemoen is baie ryk aan vitamien C (wat jou immuunstelsel bou en versterk) en het ‘n kragtige reinigende uitwerking op die hele spysverteringsstelsel. Dit stimuleer jou matabolisme.
Suurlemoen is ‘n fantastiese alkali (antisuur)- interessant, nê? Dit stabiliseer die suurvlakke in jou liggaam. ‘n Halwe suurlemoen uitgedruk in ‘n glas warmwater sal jou sooibrand in minute totaal opklaar.
Suurlemoen maak jou lewer (die liggaam se asblik) pragtig skoon. ‘n Vars uitgedrukte suurlemoen op jou nugtermaag is een van die beste lewertonikums beskikbaar.
Suurlemoen is ‘n antiseptiese middel. Gorrel dit vir ‘n seer keel en kyk wat gebeur.
Suurlemoen beheer blaasinfeksies en nierkwale wat hoofsaaklik ontstaan as gevolg van ‘n oormaat suur in die organe. Nierstene los in 6-8weke op wanneer suurlemoensap gereeld soggens en saans saam met warmwater gedrink word.
Suurlemoen is ryk aan kalium wat baie goed is vir jou hart en ‘n fantasiese harttonikum vir hartlyers is.
Suurlemoen op ‘n by- of perdebysteek neem die pyn en swelling vinnig weg.
Galstene kan nie hou wanneer jy suurlemoensap gemeng met olyfolie drink nie. Drink dit saans voordat jy gaan slaap- dit los die galstene op.
As jy sukkel met koorsblare, loop en suig kort-kort aan ‘n skyfie suurlemoen.
Suurlemoen is ‘n natuurlike insekweerder. Drink en smeer dit op jou vel, veral vir muskiete en vlieë.
Het jy rustelose bene snags? Suurlemoen in warm water voor jy gaan slaap is net die antwoord.
Suurlemoensap is ‘n uitstekende bloedreiniger en help vir aknee (puisies), asook om ‘n vetterige vel te beheer.
‘n Halwe suurlemoen in halfglas water uitgeruk, haal die plaak van jou tande af. Spoel jou mond vir 1minuut daagliks uit en kyk hoe word geel tande weer wit!
‘n Fantasiese suurlemoendrankie vroeg in die oggend, is rooibostee met 2 skyfies gemmerwortel daarby, gekook vir 10 minute (dat dit lekker kan trek), met ‘n kwart skyfie suurlemoen daarin uitgedruk, en 1teelepel heuning.
Die manne sal nooit weer kla van prostaatmoeilikheid nie, en dit maak die vrouens se magies pragtig gereeld! Kom ons verander die spreekwoord na : ‘n suurlemoen ‘n dag, laat die dokter wag!
Werk dit regtig? Die halfe suurlemoen en halwe glas water vir jou tande?
Wonderlik wat ‘n suurlemoen kan doen.Moet se,dit help my baie.
Help suurlemoen vir gout ? dankie.
Wil net meer oor galstene uit vind myne 19mm en da vier
My kinders sê ek is verslaaf aan suurlemoene en sout. Maar gaan defnitief probeer met louwarm water.
Hello blogger, i’ve been reading your posts for some time and I really
like coming back here. I can see that you probably don’t make money on your website.
I know one cool method of earning money, I think you will
like it. Search google for: dracko’s tricks
I see you don’t monetize your website, don’t waste your
traffic, you can earn additional cash every month. You can use the best adsense alternative for
any type of website (they approve all websites), for more details simply search
in gooogle: boorfe’s tips monetize your website
Is suurlemoen sleg vir diabetes
My son suffers from infection in his knees after knee injuries, so much so that a yellow fluid gathers behind the knee cap, which leads to severe pain and swelling, dr drew some of the fluids from his knee and it felt better because the pressure in the knee was taken away. Will lemon juice help for that and how should he use it. Appreciate your response in this matter.
Drink Elke dag suurlemoensap Ek is 57 op geen pille pragtige vel en hare my gewig Bly konstant en my gees Bly jonk.Alles te Danke aan my Suurlemoensap dr.
[email protected]