Privaat sekuriteitsektor maak miljarde


Die privaat sekuriteitsektor maak miljarde Rande omdat mense geensins vertroue in die polisie het nie.

Dit is die siening van prof. Christiaan Bezuidenhout, ’n professor in kriminologie aan die Universiteit van Pretoria.

’n Ander kenner op die gebied, prof. Dap Louw, ’n forensiese sielkundige van Bloemfontein, sê die land is ’n teelaarde vir geweldsmisdaad.

Dié reaksie volg nadat Gordon (78) en Lorraine Adam (63) die naweek in Bethulie op wreedaardige wyse deur terroriste vermoor is.

Die skuldiges is nog op vrye voet.

Waarnemers is van mening dat dit nou dringend noodsaaklik geword het dat die galg weer terug gebring word in die land.