Pretoria se naam in Kenia


’n Taxi eienaar in Kenia was so beindruk oor die naam “Pretoria”, wat hy toevallig in ’n tydskrif gesien het, dat hy dit deel van sy onderneming se naam gemaak het.

Alexander Omondi (37) se twee swart taxi’ voertuie ry met die advertensie “Fanca Pretoria Cabs” op die deur.

Ek het die naam in ’n tydskrif oor Suid-Afrika raakgelees,” het hy gesê.

’n Waarnemer het gesê dit is vreemd dat swartes in Kenia die naam staande wil hou terwyl die ANC planne beraam om die naam te verwyder.