Premier oorhoops met haar man


Die Vrystaatse dagblad, Volksblad. berig dat die huweliksbootjie van premier Hazel Jen¬kins van die Noord-Kaap en haar man, David, is op die rotse. ’n Buite-egtelike verhouding word aangegee as een van die redes waarom premier Jenkins van haar man wil skei, verneem Volksblad.

David Jenkins ontken glo op sy beurt die betrokkenheid van ’n derde party.

Gerugte hang in die lug dat die egpaar ook haaks is oor geld.

Hulle bly glo van Oktober af apart – sy in haar huis in Kimberley en hy op De Aar