Politici het die RSA uitverkoop.


In die lig van die skokkende onthullings van kapt. Deon Loots en hoe die Regering doelbewus mense in ‘n lokval gelei het om ‘n “regse gevaar” te skep, kom nuwe bewerings oor hoe Suid-Afrika twintig jaar gelede deur FW de Klerk en sy trawante verkoop is.

Vir 2 dekades word vermoed dat die FW de Klerk-regering geld ontvang het om die kommunistiese oorname in Suid-Afrika te bewerkstellig. Fluisteringe van groot bedrae in Switserse bankrekenings kon nooit bewys word nie. Totdat nuwe bewerings nou meer lig op die saak werp.

Gen. Erle Cocke was aan die hoof van Nugan Hand Bank se Washington kantoor. In April 2000 het hy ‘n verklaring van 67 bladsye afgelê waarin hy sy betrokkenheid in Projek Hammer geopenbaar het. Tien dae later is hy dood aan kanker van die pankreas. Cocke sê in sy verklaring dat Citibank as ‘n halfwegstasie vir bedenklike transaksies in “swart goud” deur Projek Hammer gebruik was. Volgens hom was sowat 30 rekenings gebruik.

Projek Hammer was ‘n desperate onderneming van die regering van die VSA om sekere van sy groot banke te red wat teen die einde van die 1980’s op die rand van bankrotskap was. Die banke was Citibank, HSBV, Chase Manhatten en die Bank of New York.

Die doel was om goud en diamante as waarborg vir die sinkende banke en ‘n inspuiting vir die VSA se ekonomie te gebruik. Na bewering is die FW de Klerk-regering as ‘n belangrike verskaffer van goud en diamante betrek.

Die enigste probleem was dat SA binnelandse probleme gehad het met ‘n sterk regse beweging wat die regering op alle gebiede aangeval en gestuit het.

Citibank se oplossing om groot bedrae geld en goud uit die land te kry was om politieke onstabiliteit tussen die NP en die ANC te bewerkstellig en dan ‘n politieke vakuum te skep waar die goud- en diamanttransaksies sonder te veel vrae, verskeep kon word. ‘n Interim NP/ANC-regering sou die koverte goud-en diamanttransaksies fasilitreer.

Projek Hammer, so word beweer, het die verhandeling van $13.6 triljoen in skuldbriewe behels met ‘n beweerde “dividend” van ongeveer $1.1 trijoen wat in die Howard Hughes rekening in Credit Suisse weggesteek sou word.

Vir verdere bewerings en die name van diegene wat betrokke was naas FW de Klerk ook Hernus Kriel, Chris Stals, Japie Jacobs, Org Marais, Anton Rupert, Johan Rupert, James Cross, Christo Wiese (SARB), Christo Wiese (Boland Bank), Dr. Swanepoel, Dr. Groenewald, Mr. Potgieter, Alwyn Lombard, Jan Lombard, Barend du Plessis, Commisionar Blaauw (western cape), Simon Nothnagel, Simon and Peter Nassau, Giel Nieuwoudt, Ben Zuma, Anton Welch, George Hill, BB de Klerk, Chris Nissan, Kobus Kirsten,Van Deventer, Boet Claasen, Big John Smith, Willem Korden/Kordan, Daniel Julius, Jan Koch, John and Faize Adams, Peter Blake, Nick Fourie, Magistrate Liebenberg, Casiem and Shahida Brey, Peter Mopp, Riaan Engelbrecht, Peter Goslar, Detective Justin Swart, Charles/Lester Newton, Robert Ferguson and Wynand Louw, lees die berig op:
Adelé Matthee Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

Verdere onthullings handel na bewering oor die rol van die Griekse skeepsmagnaat Giorgiades en die nag wat al die generaals afgedank is.