Picasso “beter” Belegging as Italiaanse Meester.


Picasso se skildery wat hy in 1932 van sy muse Marie-Therese geskilder het, is vir ‘n verstommende $45 miljoen deur Sothebys in New York verkoop.

Sy skildery, getiteld: “Femme assise près d’une fenêtre” was deel van ‘n versameling wat sy jong muse aan die wêreld bekend gestel het. Sy minnares, Marie-Therese is gesien as ‘n simbool van liefde, seks en begeerte in twintigste eeuse kuns.

Intussen is ‘n werk deur die Rennaissanse meester: “Madonna en Kind met die Jong Johannes die Doper”, van Sandro Botticelli, verlede week vir $10.4 miljoen op ‘n veiling van Christies in New York verkoop.

Hoewel dit vir meer as wat verwag verkoop is en die bod binne minute op ‘n telefoonbieër toegeslaan is, is dit vreemd dat hierdie werk vir soveel minder as ‘n Picasso verkoop is.