Oupa in sy huis vermoor


Die 75-jarige oupa, Derek Cornelius is dood in sy huis in Weltevredenpark, Roodepoort gevind. Toe die kleinkinders nie soos gewoonlik by die skool gaan haal is nie, het die ma onrustig geword.

’n Polisiewoordvoerder het gesê dat mnr. Cornelius se dogter, Lindsay, sy lyk in die hoofslaapkamer gekry het.

Sy en haar twee kinders woon by haar ouers.

Volgens die polisie is Cornelius weens aanranding dood. ’n Lykskouing sal gehou word.
“Niemand het enigiets gesien nie en die polisie ondersoek ’n klagte van moord” het die beampte gesê.

Twee selfone en ’n Xbox is gebuit.

Die bestuurder van Projek 2010 het aan Die Vryburger gesê dat mnr. Cornelius se dood die sesde is wat deur terroriste gepleeg is in die eerste twee weke van Februarie 2013.

Hy het lesers opgeroep om ’n finansiële bydrae te maak tot die Projek 2010 Fonds. Die Organisasie beskik oor die mees gesaghebbende databasis wat rekord hou van alle moorde wat deur volksvreemdes op volksgenote gepleeg word.

Besonderhede kan bekom word deur die webblad van Projek2010 te besoek by www.projek2010.co.za