Oscar se huis is in die mark


Die woonhuis in die spogbuurt Silver Woods-landgoed, oos van Pretoria waar Oscar Pistorius woon, is al sedert 2011 in die mark.

’n Eiendomsagent van Pam Golding-eiendomme, het glo bevestig dat dié huis in September 2011 reeds geruime tyd in die mark was.

Die vierslaapkamerhuis se koopprys is R6,5 miljoen.

’n Eiendomsagent het aan Die Vryburger gesê daar is nie baie kopers wat die huis kan bekostig nie, en diegene wat dit wel kan bekostig is dikwels mense wat reeds in ’n goeie buurt ’n spoghuis besit.