Oscar Pistorius in SAPD aanhouding


Die Olimpiese atleet Oscar Pistorius is voor 12:00 by die Boschkop-polisiekantoor weg. Sy prokureur en polisiemanne in burgerlike drag is saam met hom aangesien hy in aanhouding is.

Pistorius is vroeër weggeneem by sy huis in die Silverwoods Country Estate nadat sy vriendin doodgeskiet is. Hy het na bewering gedink dit is ‘n inbreker.

Hy is blykbaar oppad na ‘n distriksgeneesheer waar toetse gedoen sal word. Na verneem word sal hy in die tronk se hof by die Pretoria Sentrale Gevangenis opgeneem word om te verskyn op ‘n aanklag van moord.

Pistorius was nie herkenbaar nie, vanwee ‘n kappie wat hy laag oor sy kop getrek het.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die vriendin die model Reeva Steenkamp is.

Die foto is geneem by die Boschkop polisiekantoor waar Oscar Pistorius vanmore aangehou is.