Oos-Rand hospitale in krisis


Ongevalle afdelings by drie Oos-Randse hospitale kan sluit omdat dokters nou weier om oortyd te werk omdat hulle nie betaal word nie

Tientalle dokters van die Tambo Gedenkhospitaal, Verre Oos-Rand, asook Pholosing-hospitaal sê hulle het geen betaling ontvang sedert September 2012 vir hul oortyd skofte nie.

Dokters het derhalwe nou besluit om op te hou om dié skofte te werk. Dit kan lei tot die sluiting van die ongevallesale.

Daar is reeds ’n ernstige tekort aan mediese personeel by die hospitale.