Nuusflitse


• Die batebeslagleggingseenheid het beslag gelê op bates van die voormalige metropolisiebeampte Sibusiso Mpisane ter waarde van R140 miljoen. Beslag is gelê op nege luukse voertuie waarvan daar twee Rolls Royce-motors, twee Porch motors, ‘n Maserati, ‘n Ferrari, ‘n Lamborghini en twee Hummers, asook op twee huise en ‘n sakeonderneming.
• Die vakverbond Cosatu sê hy wil boere ondersteun deur ’n veldtog te begin teen winkelgroepe wat boere “uitbuit” deur ’n appel en ’n ei vir hul produkte te betaal. Op sy beurt het TLU SA ’n klag by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria teen Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, ingedien oor sy dreigement van ’n “grondoorlog” en ’n uitlating dat grond afgeneem sal word van boere wat werkers afdank.
• Cosatu se beoogde veldtog teen kleinhandelaars wat boere “uitbuit” deur lae pryse vir landbouprodukte te betaal, sal nie werk nie en Cosatu moet eerder ’n paar lesse gaan leer oor die ekonomie, het die hoofbestuurder van TLU SA gesê.
• Die Departement van Omgewingsake in Noord-Transvaal het die boer op wie se plaas duisende krokodille weggespoel het, verbied om krokodille in die Limpoporivier te vang aangesien die krokodilplaas se eienaars nie kan bewys dit is hulle krokodille nie.
• ‘n Enkellopende vrou van Adelaide, NZ is ongeveer R4,4 miljoen kwyt ná sy bedrieg is deur ‘n man wat sy op die internet ontmoet het. Die 48-jarige vrou het sowat R734 000 gestuur voor ‘n ander man haar gekontak het om te sê sy is verkul. Dié man sou haar help om haar geld terug te kry. Sy het toe nóg sowat R3,6 miljoen inbetaal voor sy besef het sy is twee keer bedrieg.
• Prof. Annette Combrinck, burgemeester van die Potchefstroom-munisipaliteit, weier om ‘n luukse motor te gebruik wat verlede week by haar afgelewer is. Peperduur ampsmotors vir burgemeesters is nie meer toepaslik in ’n tyd waarin soveel mense van armoede krepeer nie, het sy gesê.
• ‘n Versekeringsmaatskappy dagvaar Lance Armstrong vir R106 miljoen en soek die geld terug wat aan die fietsjaer betaal is vir sy Tour de France-titels. Kenners meen sy skelmstreek gaan hom nog duur te staan bring
• Huldeblyke stroom steeds in vir die Springbok legende Jan Ellis wat in die ouderdom van 71 jaar ná ‘n lang stryd teen kanker, gesterf het.
• Die ganse Europa en Brittanje is in chaos vanweë die massas perdevleis wat as beesvleis aan eetplekke voorsien is. Tans is daar ’n geskarrel om vas te stel wie die vleis versprei het na die verskillende lande.
• Natal se Departement van Onderwys sê hy het 173 onderwysers opgespoor wat vervalste kwalifikasies het.
• Meer as 220,000 huise en ondernemings is steeds sonder elektrisiteit nadat ‘n sneeustorm die noordooste van die VSA getref het.
• Suid-Afrika het die hoogste tronkbevolking in Afrika. Die RSA is negende in die wêreld in terme van tronkbevolking, met ongeveer 160 000 gevangenes. Minstens 30% van diegene wat aangehou word, is verhoorafwagtend.
• Die man wat deur sy kritici “God se rottweiler” genoem is, gaan sy amp neerlê. Pous Benedictus XVI (85) het die ongehoorde stap gedoen deur bekend te maak dat hy op 28 Februarie gaan bedank.
• Lulu Xingwana, Minister van Vroue, Kinders en mense met gestremdhede sê die doodstraf is nie ’n opsie vir die regering nie, want “dit druis in teen die etos van menseregte”. Dit skep by ander die indruk dat wetsgehoorsame mense nie ’n reg op lewe het nie.
• Guido Westerwelle, Duitsland se Minister van Buitelandse Sake, het gevra dat strenger sanksies teen Noord-Korea ingestel moet word nadat die land erken het dat hulle ‘n kerntoets uitgevoer het.
• Oudpremier Beatrice Marshoff van die Vrystaat is terug in haar ou beroep. In ’n vlootblou uniform en sonder ’n greintjie grimering is sy deesdae ’n skropsuster in die Medi-clinic Bloemfontein se operasieteater.
• Die ANC in Wes-Transvaal wil dié provinsie se naam (Noordwes) verander na die “Moses Kotane-provinsie”.
• Weerlig het gistermiddag nege eerstespan-krieketspelers van ’n private skool in Houghton, Johannesburg, op die krieketveld getref. Twee is in ’n bedenklike toestand terwyl vier reeds uit die hospitaal ontslaan is.