Noord-Korea se anti-Obama veldtog


Noord-Korea het ’n nuwe propaganda veldtog teen die VSA en pres. Obama begin. ’n Video wat onlangs vrygestel is, bevat onder andere beeldmateriaal van Barack Obama en Amerikaanse soldate “in vlamme”.

In die video word beweer dat die Noord-Koreaanse regering sy onlangse kernwapen toets uitgevoer as gevolg van die VSA se vyandigheid.

Dié jongste video volg op ‘n rits negatiewe uitsprake oor die VSA. Voorheen is ’n video vrygestel wat missiele vertoon wat op ‘n Amerikaanse stad afpyl.

Die jongste video vertoon die “brandende Obama.”

Die mees onlangse video, wat nou op die internet gepubliseer is, wys onder andere beeldmateriaal van ‘n “brandende” Obama en daar is ook materiaal van ‘n kerntoestel wat ondergronds ontplof.

Kenners is van mening dat Noord-Lorea besig is om hulle te posisioneer om enige aggressie vanaf die Weste, die hoof te bied. Die video materiaal word aangewend om die VSA uit te lok.