Noord-Kaap regering hof toe gesleep


Mnr. Andrew Scholtz van Bloemfontein, ’n bekende sakeman, dagvaar die Noord-Kaapse regering vir R53 miljoen.

Die dagvaarding is vir skuld van bouwerk aan die omstrede Kimberley psigiatriese hospitaal wat nou reeds ná tien jaar nog nie klaar gebou is nie.

Volgens die hofstukke skuld die Noord-Kaapse regering vir Scholtz die R53 miljoen vir voltooide bouwerk. Ingereken is ook die eskalasie-aanpassings op die kontrak en retensiegeld.

Die regering is reeds meer as vier jaar agterstallig met die betaling.

’n Woordvoerder van Oranje sake Instituut het gesê dit word vir ondernemings ’n al groter risiko om vir die staat te werk aangesien betaling van rekenings selde op datum geskied.