Nog verhogings vir belastingbetalers


Die nuwe munisipale waardasie van miljoene Suid-Afrikaanse eiendomme word op 1 Julie in werking gestel.

Eiendom eienaars het dan ’n ¬uiters beperkte tyd om die korrektheid daarvan te kontroleer en beswaar aan te teken. Dié wat dit nie doen nie, se eiendomsbelasting kan vir die daaropvolgende vyf jaar op foutiewe waardasies gehef word, en sal dan betaal moet word.

Ben Espach, Direkteur van waardasie van Rates Watch, het gesê die meeste munisipaliteite het in 2008 reeds hul eerste waardasielyste ingevolge die nuwe Wet op Muni¬sipale Eiendomsbelasting in gebruik geneem. Dit mag slegs vir vyf jaar gebruik word, wat beteken dit word vanjaar hersien.

Kenners is bekommerd dat eiendomme dalk swaar belas gaan word vanjaar te midde van prysstygings in brandstof, elektrisiteit en voedsel.