Nog skuldiges met perdevleis


Nestlé , die welbekende Switserse voedselreus het die jongste nywerheid geword wat deur die perdevleis-skandaal getref is.

Die maatskappy het pasta disse van supermarkte se rakke in Italië en Spanje verwyder vanweë besmetting.

GNS toetse het getoon dat perdevleis in twee produkte gevind is.

Blykbaar is verkeerde etikettering ontdek wat meebring dat die produk nie aan gestelde standaarde voldoen nie.

Nestlé het verkoelde pasta disse, bekend as Buitoni Beesvleis Ravioli en Beesvleis Tortellini , vinnig en vrywillig van rakke verwyder.

Waarnemers het hierop gereageer en gesê dit sal interessant wees om te weet of daar behoorlike toetse in Suid-Afrika gedoen is op sulke produkte.

Op die oomblik bestaan die indruk dat die maatskappye nie sal slaag om in Suid-Afrika dieselfde oortreding te begaan nie. Slegs behoorlike toetse sal kan bepaal wat die toedrag van sake is aangesien dit redelik bekend is dat ingevoerde voedsel meestal van ’n swakker gehalte is as die van Suid-Afrika.