Nog ’n gewelddadige oproer


Ten minste 13 mense is beseer tydens hernude arbeidsonrus by Amplats in Rustenburg, het die polisie bekend gemaak.

Vier veiligheidswagte tel onder die beseerdes en hulle is blykbaar met pangas aangeval.

Vyf mynwerkers is geskiet in die voorval tydens die konflik tussen vakbonde.

Een van die werkers by die myn is volgens eNCA doodgeskiet. Dit kon nie bevestig word nie.

Die Amplats-werkers komitee het gesê vyf lede van die National Union of Mineworkers (NUM) is as gevolg van die skietery gewond.

Een van die werkers is in die kop geskiet.
Waarnemers is van mening dat vakbonde verantwoordelik gehou moet word vir die geweld, en dat die dood van mense tydens sulke onluste, die gevolg is van vakbonde se leiersfigure wat magsugtig is en dan onverantwoordelike optrede van hulle lede toelaat.