Nog ’n dubbele moord deur terroriste


Die derde dubbele moord op ’n egpaar binne maande het die Vrystaat weereens geruk. Die vooraanstaande egpaar wat ’n leiersrol in die Christelike gemeenskap gespeel het, is in hul huis op Bethulie oorval en vermoor.

Mnr. Gordon (78) en mev. Lorraine Adam (63) se lewelose liggame is Saterdagoggend omstreeks 11:00 deur hul seun, Ashley gevind.

Hulle is klaarblyklik niksvermoedend in hul bed oorval deur terroriste.

Die egpaar is bekend vir hulle goeie werk wat gedoen is in die gemeenskap.

Die bestuurder van Projek 2010 wat alle gevalle van die volksmoord op datum hou, het gesê dit is baie duidelik dat die revolusie teen blankes gevoer word en dat die moorde maklik gepleeg word omdat die skuldiges nie vir hulle lewe betaal nie.

Dit is ook opvallend dat die wereld nie op hol raak oor die volksmoord nie, maar wanneer een kleurling dogter vermoor word, is almal erg ontstoke en die media oorheers die een geval, terwyl die tientalle moorde elke maand op volksgenote, ongemerk verbygaan.