Nog meer korrupsie?


Die ANC/SAKP regering het ongeveer R1 miljard meer betaal as wat die kontrak was vir die Departement van Vervoer se padverkeer inligtingstelsel (eNaTIS).

Aanvanklik is die kontrak aangegaan vir die ontwikkeling van dié stelsel vir ’n bedrag van R594 miljoen.

Die Ouditeur Generaal het in die parlement bekend gemaak dat die stelsel reeds meer as R1,5 miljard kos. Dit is ’n oorskryding van R936 miljoen.

Die eNaTIS bedryfstelsel is veronderstel om aansoeke om rybewyse, leerling-rybewyse, lisensie hernuwings en die registrasie van voertuie in die land te behartig.