Nestlè wil nou alle natuurlike bronne beheer.


Peter Brabeck, besturende direkteur van die wêreld se grootste voedselmaatskappy, het met planne vorendag gekom om die lug wat ons inasem binne die munisipale grense te privatiseer.

Soos wat die RSA as ‘n korporasie op die New Yorkse aandelebeurs geregistreer is, so wil Brabeck die lug wat ons inasem as ‘n kommoditeit registreer wat op die oop mark verkoop. Dit kom daarop neer dat jy Nestlè sal moet betaal omdat jy asem haal.

Hierdie nuwe storie kom kort op die hakke van van Brabeck waarin hy aangekondig het dat hy beskou vars water ook as ‘n kommoditeit wat in totaal geprivatiseer moet word.

Hy sê toegang tot vars water is nie ‘n reg nie en slegs ekstremiste propageer sulke onsin.

Nou wil hy dieselfde doen met die lug wat ons inasem. Toe hy gevra is om kommentaar op sy stelling te lewer het hy gesê: “Dis net ekstremiste wat sê dat dit ‘n basiese reg is. Suurstof is soos alles slegs ‘n kommoditeit. Mense wil dit hê en daarom moet dit ‘n markverwante waarde kry.”

Nestlè was in 2011 deur Fortune 500 gelys as die maatskappy wat die grootste wins getoon het.

Volgens ‘n berig in “Bottled Life” 2012 koop Nestlè ‘n vrag vol water in die VSA teen $10 en verkoop dit vir R50,000.

Vir nasies soos Nigerië om geld van die IMF te ontvang, moet hulle eers toestemming gee dat hulle watervoorraad geprivatiseer kan word. Dit laat die pad oop vir maatskappye soos Nestlè om die voorraad oor te neem en dit dan terug te verkoop aan die inwoners. (Onthou die $10 aankoopprys en die $50,000 verkoopprys.)