Nadraai van Oscar skietery


Mashadi Motsogi, ‘n vriendin van Reeva Steenkamp, het gesê sy kon nie glo haar vriendin is doodgeskiet nie.

Steenkamp is in die vroeë oggendure na bewering deur die bekende Paralimpiese atleet Oscar Pistorius in sy huis in ‘n gholflandgoed in Pretoria doodgeskiet.

Hy het gesê die skietvoorval is as gevolg van die feit dat hy gedink het dit is ’n inbreker.

Polisie het klaarblyklik getuienis dat daar verskeie kere erge rusie in die huis was.