’n Nuwe ANC benadering oor skuld


Gerugte doen die ronde dat krediet-amnestie oorweeg gaan word wat meer as 2 miljoen mense in die land wat met ’n swak kredietgeskiedenis sit, gaan bevoordeel.

Die rede? As boewe uit tronke gelaat kan word deur amnestie toe te staan, dan kan mense met ’n swak kredietrekord ook maar vrygespreek word.

Nog ’n rede is dat dit tot voordeel van die landsekonomie sal wees.

Dit is blykbaar die amptelike siening van die Departement van Handel en Nywerheid.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het gesê dat hy dit vreemd vind dat amnestie die land se ekonomie kan bevoordeel en dit is nog vreemder om dissiplines te verwaarloos deur amnestie te verleen, of dit nou vir skuldenaars is, of vir tronkvoëls – dit versterk net die motiewe om onwettigheid te stimuleer.

Waarnemers vra krediet-reguleerders nog ’n funksie vervul as dit is hoe oortreders hanteer word.