Motor rubriek – DSG ratkas(vervolg)


’n DSG beheerde ratkas maak gebruik van ’n vloergemonteerde rathefboom. Dit is soortgelyk aan die van ’n konvensionele outomatiese ratkas. Die verskil is egter dat waar die konvensionele ratkas se rathefboom in ’n patroon beweeg wat soos ’n “hond se agterbeen” lyk(om te voorkom dat die verkeerde rat geskakel word), beweeg ’n DSG ratkas se rathefboom in ’n reguit lyn en ’n skakelaar op die rathefboom help voorkom dat die verkeerde rat geskakel word.

Wanneer “P” op die vloergemonteerde ratkas-hefboom geselekteer word, m.a.w. in “Park”, is beide koppelaars ten volle ontkoppel, alle ratstelsels is ontkoppel en ’n soliede meganies “slot” word op die ewenaar se kroonrat, toegepas. Hierdie posisie moet slegs geselekteer word wanneer die motor in ’n stilstaande posisie verkeer en die handrem verkieslik opgetrek is. ’n Verdere ingeboude veiligheidsmaatreël is dat die aansitter sleutel slegs verwyder kan word wanneer die rathefboom in die posisie geskakel is.

In die “N” posisie beteken dit dat die vloergemonteerde rathefboom in die “neutrale” posisie geskakel is en dat beide koppelaars ten volle ontkoppel is. In die “N” posisie is die kroonwiel van die ewenaar nie gesluit nie. Dit word aanbeveel dat wanneer die ratkas in hierdie posisie geskakel is en die motor nie beweeg nie, die handrem opgetrek word.

Geniet die nuwerwetse tegnologie!