“MISS ALLY” VERDWYN IN NOVA SCOTIA


Die 13.5 meter vissersboot, die “Miss Ally” het omtrent 120 kilometer suidoos van Liverppool op die suidelike kus van Nova Scotia, Kanada verdwyn. Die boot het in die moeilikheid geraak gedurende onstuimige weer in die oseaan. Die pa van ’n visserman wat verdwyn het sê sy seun was op pad na ‘n veilige hawe toe die moeilikheid hul tref. Hy het Dinsdag gesê: “Dit is die gevaarlikste tyd van die jaar vir vissermanne weens die weerstoestande”.

Die hoop om die vaartuig te kry is besig om te vervaag. Vriende en familie van die vissermanne wat soek geraak het, het bly hoop vir positiewe nuus. Baie mense in Woods Hawe het gesê dit is as gevolg van die swak ekonomiese toestande wat daartoe gely het dat die mans moes gaan visving in die weersomstandighede.

Hopkins het Maandag gesê : “Ek is self ’n visserman en besef wat is gaande. Ek het gedink ons sal hulle teen hierdie tyd kon opspoor, maar elke uur later word die kanse kleiner.”

Dinsdag het hy saam met vriende gesit en staar na ‘n kaart van die gebied in die hoop dat hulle kan uitwerk waarheen ‘n reddings boot moontlik kon gedryf het. Sy ander seun, Jesse, het ook gedurende die naweek vis gevang, maar sy kaptein het hul boot terug gebring na die hawe gedurende die begin van die storm. Hy was terug by die huis in Woods Hawe teen Dinsdagaand.

Die meeste van die vissermans wat verdwyn het is in hul 20’s en die meeste van hulle het ’n gesin met kinders.
Hulp het Sondag gekom vanaf die VSA met die HU25 Falcon kuswag. Mistigheid het meegebring dat hulle nie die boot kon sien nie, maar die infrarooi kamera het die reddingsboot gesien.

Hoop duur voort dat hul wel lewendig gevind sal word.