Miljardêr Steyn trou weer


Die welgestelde Suid-Afrikaanse miljardêr Douw Steyn en die aktrise Carolyn Steyn is weer getroud.

Hulle is nou vir ’n tweede keer getroud tydens ’n intieme plegtigheid in Johannesburg.

Die plegtigheid en swierige onthaal was in Douw se Saxon-hotel in Sandton.

Dit is waar die paartjie in 2003 vir die eerste keer getroud is. Hulle is later geskei met Douw se hofgeding tussen sy voormalige verloofde, Donné Botha, en ’n voormalige meisie, Bianca Ferrante.

Alles het nou tot rus gekom en die paartjie glo hulle is nou vir altyd bymekaar.