Mercedes grootbaas in kaping geskiet


Die uitvoerende hoof van die voertuigvervaardiger Daimler Chrysler (SA) is in die hospitaal nadat hy in ‘n rooftog in Midrand geskiet is.

Trent Barcroft was saam met sy vrou toe die voorval gebeur het. Sy is nie beseer nie.

Die rowers het weggekom met juwele, selfone en ‘n handsak, het kapt. Kym Cloete gesê.

Daar is nog min inligting beskikbaar oor presies wat gebeur het, maar die egpaar was na wat verneem word Dinsdag op pad huistoe toe hulle aangeval is. – Sapa