Melk skaarste oppad


Indien die produsenteprys van melk nie spoedig aansienlik opwaarts aangepas word nie, gaan die land binnekort ’n ernstige melk tekort ondervind.

Dit is die mening van die Melkprodusente organisasie van die Vrystaat.

Díe suiwelboere in dié provinsie is besig om kuddes melkkoeie te verkoop omdat die plaaslike produksiekoste die melkprys oorskry.

Mnr. Bernard Maree, van die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie, sê daar bestaan kommer dat ‘n groot aantal suiwelboere nie die huidige lae produsentepryse sal oorleef nie.

“Verskeie boere het hul kuddes verkoop en baie ander verkope kan volg.”

Landbouers het aan Die Vryburger gesê die tendens is landswyd waarneembaar en die verhoogde minimum lone, asook die verhoogde elektrisiteit en brandstof is die laaste strooi om melkboere uit te knikker uit die bedryf.