Massiewe protesoptogte in Bulgarye


Die grootste protesoptogte wat die land die afgelope twintig jaar gesien het, woed tans in Bulgarye.

Meer as 300 000 mense protesteer teen die deurlopende diefstal deur die banke en elektisiteitsverskaffers. Hulle het beloof dat die druk op die owerhede nie sal afneem nie.

In ‘n oproep het hulle gesê dat hulle sal voortgaan totdat hulle hulle sin gekry het, nl. dat die regering moet bedank en die hernasionalisering van kragvoorsieners.

Hoewel daar botsings met die polisie was, het die hoof van die polisie in Varna gesê dat hulle aan die kant van die mense is en hulle versoek om nie winkels en geboue te beskadig nie. Die mense het hulle samewerking gegee en blomme aan die polisielede oorhandig.