LUR wou joernalis omkoop


Die LUR van Noord-Transvaal, Clifford Motsepe, het glo probeer om ‘n verslaggewer, ene Sipho Masondo van City Press om te koop, het die koerant verlede Sondag berig.

Motsepe het later ontken dat hy geld vir Masonda aangebied het.
Sy prokureurs het beveel dat City Press nie die berig publiseer nie.

LUR Motsepe het Masondo Vrydagoggend na sy huis genooi.

The Star het voorheen berig dat daar blykbaar gelol is met tenderdokumente. Dit was blykbaar om R900 miljoen se behuisingskontrakte toe te ken aan vriende van Julius Malema.

Ná die vergadering, het die twee na die voordeur geloop en Motsepe het sy hand in sy sak gesteek en ‘n pak note uitgehaal wat saamgebind was met ‘n rekkie. Dit was nuwe geldnote.

Die verslaggewer het te kenne gegee dat hy nie die geld kan aanvaar nie.

Waarnemers is van mening dat die gepeuter met dokumente ’n aksie is wat moes voorsien daarin dat Malema se agterstallige belasting betaal kon word.