LUR verdink van moord


Die Wes-Transvaalse LUR, ene China Dodovu, is blykbaar gearresteer omdat hy verdink word van sameswering om Aubuti Chika te vermoor.

Die moord op Chika (32), die ANC-streeksekretaris in die provinsie het oproer veroorsaak in die gebied.

Hy is kort voor die ANC-leiersverkiesing in Bloemfontein naby Klerksdorp, in die maag geskiet.

Die moord is gepleeg te midde van erge politieke woelinge en verdeeldheid in ANC-geledere.

Waarnemers het na die gebeure verwys as ’n tipiese voorval waar heersers om die lewe gebring word deur diegene wat hulle kan opvolg. Die “gebruik” is so oud soos die volke van Afrika se bestaan.