Lugdiens skors Hoof


Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het die waarnemende hoof, Vuyisile Kona, geskors.

Die skorsing is gebaseer op sekere bewerings wat onder die Lugdiens se raad bekend geword het.

“Dit moet benadruk word dat die raad nog nie ‘n besluit geneem het met betrekking tot die waarheid of andersins van hierdie bewerings nie.”

Kona is met onmiddellike effek geskors.

SAA het gesê die Raad van direkteure is in proses om ‘n permanente HUB aan te stel. Blykbaar is voldoende aansoeke ontvang wat tans nagegaan word.