Laksheid in onderwys kos miljarde Rand


Die Parlementslede moes aanhoor dat onderwysers sowat 7,5 miljoen dae afwesig was van die werk gedurende 2012.

Dit verteenwoordig 19 werksdae per onderwyser per jaar.

Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het die skokkende feite bekend gemaak in die parlement.

Dit beteken Suid-Afrika het die hoogste afwesigheidsyfer in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Dit verteenwoordig 10% van die skooltyd.

Volgens die Departement was daar 392 000 onderwysers in 2012 in die land.

As die afwesigheid omgereken word was onderwysersbyna 7,5 miljoen werksdae afwesig.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut sê dit verklaar waarom die onderwys in die land byna daagliks agteruit gaan.