Koper diewe stroop nywerheid


Die werkswinkel van ’n ondersteuning sektor in die elektriese en petrochemiese bedryf, die Steinmüller-groep,is verlede naweek deur ses rowers van sowat R500,000 se elektriese kabel en sweis masjiene besteel.

Steinmüller is deel van Bilfinger Berger Power Holdings, wat ’n filiaal is van die Duitse groep Bilfinger Berger.

Die Sasolburg-werkswinkel is letterlik gestroop deur die rowers nadat hulle ’n wag vasgebind het.

Baie elektriese kabels is uit masjinerie geruk en op die werkswinkel se vloer van die koper geskei.

Drie sweismasjiene is ook gesteel.

Die totale waarde van die gesteelde goedere beloop sowat R504,400-00. Die skade aan werksure wat verlore gaan deur alles te herstel, is nie bereken nie.