Kommandostelsel moet herleef


Die Vryburger plaas hiermee die woordelikse verklaring soos deur die Verkennersbeweging uitgereik is.

Die volledige verklaring is soos volg:
Die skok onthulling deur ‘n voormalige lid van die regime se intelligensie gemeenskap, Deon Loots, in ‘n verklaring wat in die Boeremagsaak bekend geword het, dat die Kommandostelsel gestop is op sterkte van vervalste inligting deur die intelligensie gemeenskap is skokkend en laakbaar.

Die gevolge van die ontbinding van die kommandostelsel was dat aanvalle en moorde op plase in felheid en frekwensie toegeneem het. Gevolglik kan die blaam vir hierdie aanvalle en moorde geplaas word op die persone verantwoordelik vir die vervalste inligting, aangesien die enigste weerstand, die kommandostelsel op laakbare wyse ontbind is.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die kommandostelsel onmiddelik her ingestel word en sal ‘n petisie aan die President van Suid-Afrika stuur wat dit spoedeisend eis.

Ben Geldenhuys
President
Vekennersbeweging van Suid-Afrika