Kleuter met hoë IK.


‘n Skattige kleuter van drie jaar oud is die jongste nuwe lid van Mensa. Haar IK is hoër as die van die bekende fisikus Stephen Hawking.

Die slim kleinding, Alice Amos van Guildford, Surrey het volle lidmaatskap van die gesogte vereniging gekry nadat sy 162 in ‘n IK-toets gekry het. Sy het die toets in Russies afgelê en is ten volle tweetalig. Haar ouers is van Rusland.

Volgens haar ouers kon sy op tweejarige ouderdom reeds tot 100 tel, optel- en aftreksomme doen en Aesop se fabels lees, waarvoor sy ‘n besondere voorliefde het.

Haar IK van 162 plaas haar in ‘n hoër kategorie as die meeste van die wêreld se genieë, lewendig of dood.