Kernafval lekkasie in VSA


Daar is aanduidings dat minstens ses ondergrondse tenks wat kernafval huisves besig is om te lek. Die kernafval het ontstaan tydens die vervaardiging van kernbomme wat oor verskeie jare gedoen is en waarvan die eerstes die bomme was wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Japan gegooi is. Die bewaarplek by die Hanford Kern Produksiekompleks is in die suidweste van die land en ongeveer agt kilometers van die Columbiarivier maar is reeds in 1987 gesluit.

Die VSA se energie departement se verklaring lui: “Op hierdie stadium dink ons nie dat daar enige dreigende gevaar vir openbare gesondheid is nie”. Die woordvoerders oor die lekkasie het verder verklaar dat daar nie presiese inligting is oor hoeveel van die tenke tans lek en hoe lank dit al gebeur nie.

Plutonium-239, wat in kernbomme gebruik word, het ‘n halwe leeftyd van 24 110 jaar. Daar was al verskeie byna katastrofiese gevalle van kernlekkasies wat darem betyds gekeer kon word in die VSA en Europa. Die wêreld het reeds etlike duisende ton se Uraan-235 verryk vir gebruik in reaktors en bomme en tesame met die afval van meer as 441 kernkragsentrales word daar jaarliks 13 000 ton se hoëvlakkernafval vrygestel.

In Europa word daar op groot skaal beswaar gemaak teen die bou van nuwe kernkragsentrales. Suid-Afrika het al ver gevorder met die beplanning van drie nuwe kernkragsentrales terwyl daar twyfel bestaan oor Suid-Afrika se vermoë om sulke hoogs wetenskaplike bedrywe veilig te bestuur..