Huldeblyk – Etienne Jacobus (“Etienne”) Le Roux


Dit is met groot hartseer en leedwese dat die Boere-Afrikanervolksraad moet afskeid neem van ‘n geliefde en waardeerde vriend, Volksraadslid en opregte volksgenoot. Etienne Le Roux het oor etlike dekades diep spore getrap in die geskiedenis van ons volk. Vir sy liefde vir sy volk, het hy etlike jare van sy lewe in die gevangenis uit gedien. Ons sal Etienne altyd met liefde en agting onthou, nie net vir sy getroue vriendskap en uitmuntende bydra as volksraadslid nie, maar ook as ‘n voorbeeld van onverdrote toewyding en lojaliteit. Sy geloof, volharding en deurgaans positiewe gesindheid onder moeilike omstandighede, was vir almal wat hom geken het ‘n voorbeeld en inspirasie. Ons diepe meegevoel en gebede vergesel sy familie.

Ben Geldenhuys
Boere-Afrikanervolksraad