Honderde RSA mediese studente in Kuba


Sewe van Suid-Afrikaanse mediese studente in Kuba weier om varkvleis te eet. Dit is ’n weiering weens geloofsoortuigings.

Die res van die studente is klaarblyklik nie lus om dit te eet nie, het Joe Maila, woordvoerder van die Departement van Gesondheid gesê oor die “stakende” Suid-Afrikaners in Kuba.

Altesaam 187 studente wil terug keer na Suid-Afrika as die regering nie hul sakgeld van sowat R1,800-00 per maand tot minstens R6,000-00 verhoog nie.

Die departement weier egter om enige aanpassings te maak en dr. Aaron Mot¬soaledi, Minister van Gesondheid het glo briewe aan hulle gestuur in die verband.

Dr. Blade Nzimande, Minister van Onderwys het gesê die studente wat weier om klas by te woon, is welkom om terug te kom en plek te maak vir ander wat wil leer.

Volgens Nzimande bestee die regering R500,000 aan elke student oor die tydperk van ses jaar. Dit sluit glo ’n taalkursus, mediese opleiding en lewenskoste in.

Die opleiding van medici in Kuba word deur waarnemers gesien as ’n mosie van wantroue in die universiteite van Suid-Afrika wat tot onlangs nog wereld beroemd was vir hulle gevorderde opleiding in dié studierigting.

Navrae het aan die lig gebring dat dit hoofsaaklik swart studente is wat die geleentheid gegee word om met belastingbetalers se geld in Kuba te gaan studeer.

Dit is egter bekend dat die studente so swak gevoed word dat baie nie kans sien om voort te gaan met die studies nie. Een ma het vertel hoe haar kind elke aand honger gaan slaap en more moet klas draf op n lee maag.