Geheime verslag lek uit


In ’n geheime verslag, wat so pas uitgelek is na die media, word verwys na een amptenaar wat R180 000 vir oortyd betaal is, ’n junior verpleër is glo aangestel as ’n direkteur, daar is selfs beurse van derduisende rande toegeken sonder terugbetaling ooreenkomste. Verder is vriende bevoordeel en in direkteurs poste aangestel bo kandidate met toepaslike kwalifikasies.

Dít is alles voor die deur van die Departement van Vroue, kinders en gestremdes gelê.

Dié betrokke minister, Lulu Xingwana, was reeds in die spervuur vir die aankoop van miljoene Rand se luukse kantoormeubels vir haar hoofkantoor.

Die duur meubel transaksie was blykbaar net die punt van ’n reuse ysberg. Die verslag dui daarop dat regstappe nou teen die amptenare geneem gaan word.