Geen twyfel oor Afriforum


Die linkse dagblad Beeld het as volg berig oor Rabaleni Dagada, een van talle anderskleurige Afriforum lede:

Hy het by AfriForum, die burgerregte-beweging van Solidariteit, aangesluit omdat dié organisasie ’n platform bied vir diegene wat teen rassisme in nuwe gedaantes wil opstaan, skryf Rabelani Dagada, ’n ekonoom van Wits se sakeskool.

Ek het baie min respek vir rasgegronde organisasies soos die Black Management Forum en die Afrikanerbond, veral terwyl ’n demokratiese bestel heers. Hoe dit ook al sy, ek het ’n paar maande gelede aangesluit by AfriForum, wat verkeerdelik as ’n wit, en veral ’n Afrikaanse, organisasie beskou word.

“As AfriForum werklik ’n uitsluitlik wit organisasie was, sou ek nie daarby aangesluit het nie, nooit nie!”

Op die foto verskyn mnr. Willie Spies, die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Pretoria wat ook regsverteenwoordiger van Afriforum is.