Geen Staatsrede –eerder “Struggle” rede


Die TLU SA het pres. Zuma se rede as ‘n “struggle toespraak” bestempel, terwyl die belangrike kwessies nie behoorlik aandag gekry het nie. Daarmee het hy die onsekerheid wat bestaan oor talle kwessies, in die lug laat hang.

Die volledige verklaring lui soos volg:
President Jacob Zuma het nie daarin geslaag om werklike staatsmanskap aan die dag te lê en ’n toespraak te lewer wat die verbeelding van die land aangegryp het nie.
Sy klem op die herdenking van die 1913 naturelle Grondwet, die voorgestelde herdenking van die Rivonia-verhoor en die arrestasies by die Lillysleaf landgoed vyftig jaar gelede en sy meegevoel met die heengaan van sogenaamde struggle veterane, het die “staatsrede” in wese niks meer as ‘n “Struggle” rede gemaak nie. Saam met die heengaan van sy struggle-vriende, kon hy ten minste ook meegevoel betuig het met die naasbestaandes van die 51 boere wat verlede jaar op hulle plase vermoor is.

Vir landbou lê daar weer ’n moeilike tyd voor, met dioe aanjkondiging dat die gewillige koper, gewillige verkoper-beginsel finaal by die deur uit gegooi gaan word ter wille van sogenaamde grondhervorming, om dit te vervang met ’n stelsel van “just en equitable” vergoeding. Dit is duidelik dat die staat dan eensydig sal bepaal wat daardie vergoeding gaan behels. Dit gaan lei tot nog meer werkverliese as wat landbou die afgeloe tyd weer gesien het.

In plaas daarvan om die onsekerheid oor grondhervorming tot ’n einde te bring, het hy dit vergroot met die aankondiging dat die proses van grondeise weer geopen gaan word, en ook eise van voor 1913 kan insluit. “Dit dompel landbou weer van voor af in onsejkerheid, en gaan beslis binne die volgende vyf jaar ’n sigbare uitwerking hê op voedselsekerheid in die land,” waarsku TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes.

Die president het nie werklik enige gerusstellende stellings gemaak wat vertroue in die land sal versterk nie. TLU SA glo daarom nie dat hy moet staat maak op grootskaalse investering in die land nie. Trouens, die regering se beleid van “affirmative action” en swart bevoordeling het al daartoe gelei dat soveel kundigheid die land verlaat het dat dit selfs te betwyfel is of sy aangekondigde infrastruktuur projekte inderdaad betyds afgehandel sal kan word.