FVP ondergaan poligraafoetse


Die FVP se woordvoerder het in ’n persverklaring aangekondig dat die Party se hele bestuur bereid is om poligraaf toetse te ondergaan.

Die verklaring word hier woordeliks gegee soos dit deur Die Vryburger ontvang is. Dit lui soos volg:

Na aanleiding van die skokkende bekentenis van Deon Loots in die Boeremagsaak het die hele bestuur van die Federale Vryheids Party dit goed gedink om vrywillig poligraaftoetse te ondergaan.

Die rede vir die toetse is om seker te maak dat polisie-agente nie die party insuipel en soos met die Boeremag die party misbruik om onwettige dade te promoveer nie. Die toetse help ook om mense wat hulle eie agendas najaag of die belange van die sogenaamde geheime organisasies verteenwoordig te identifiseer.

Die FVP kan met trots verklaar dat al die lede wat tot dusver getoets is, die toets geslaag het sonder enige twfel. Daar is nog enkele lede oor wat as gevolg van omstandighede die toets eers in die komende dae sal afle.

Alhoewel poligraaf toetse nie 100% akkuraat is nie, is dit net nog ‘n stap in die regte rigting om te verseker dat die lede wat op die bestuur van die FVP dien opreg is in hulle strewe na ‘n wettige en sinvolle verkryging van vryheid.