Ek sien dit so!


Neelsie het dit goed gedink om iets te doen wat hy nie graag doen nie. Daardie iets is om ‘n in diepte gesprek te voer met ‘n aardbewoner wat in die land Engeland woonagtig is. Ek sê met vrymoedigheid nie graag nie, want my lont is korter as gewoonlik wanneer ek met nasate van konsentrasiekamp-inisieerders te doen kry.

Wat my egter verstom het, is dat die siel kennis dra van ‘n liggaam soos Genocide Watch, en ook dat hy weet dat ons gradering op daardie volksmoordskaal tans op vlak ses is. Net daar en dan sluit my ore en begin my koppie oortyd werk terwyl ek die Brit se lippe sien beweeg maar nie juis luister na wat hy sê nie. Hoe is dit moontlik dat ‘n Ingelsman wat nou maar net oor ‘n week gelede vir die eerste keer in sewe jaar sy voete in Suid-Afrika sit, weet van ‘n volksmoord in SA terwyl die oorgrote meerderheid Afrikaners salig onbewus blyk te wees oor die saak? Het Milner dan meer as ‘n honderd jaar later geslaag in sy doel om die Afrikaner dommer te kry as ‘n Ingelsman? Miskien is dit dalk nie ‘n kwessie van dom en slim nie, maar eerder van wakker en vaak. So die Afrikaner is vaak, sommer in die algemeen natuurlik, aangesien die onalgemene deel van die Afrikanervolk nie so vaak is soos die algemene deel van die Afrikanervolk nie. Bewys my verkeerd as u nie saamstem nie, wys vir my hoe omgesukkel hierdie volk is oor die barbaarse verkragtings, martelings en moorde…jammer meneer, mevrou, doktor, dokter, ds, prof en wie ookal anders hiermee wil stry. Hierdie volkie is maar lekker vaak, sommer vas aan die slaap as iemand Neelsie sou vra.

Terug na ou Rooi Faan, ek vertel die skepsel van ons verkose Boere-Afrikanervolksraad, van aksies wat reeds geloods is om vir eendersdenkende volksgenote ‘n plekkie onder die son uit te kap. Hy het nie baie opgewonde voorgekom nie, miskien is dit omdat hy bang is hierdie volk staan op en betaal ‘n paar gunsies terug aan daardie einste Britte wat ons vroue en kinders soos diere in die Helkampe ingeja het. Maar helaas, ek dink die Britte moet eerder fokus op hul Moslem-maatjies wat besig is om hul eens rustige landjie oor te neem. Dis mos hierdie einste Ingelse wat met trots verkondig het dat die son NOOIT oor die Britse Empire sal sak nie. En kyk nou net, nou hang daar ‘n sekelmaan oor hulle koppe. So draai die wiel, vandag is jy bo, môre is jy onder en dan vertrap daardie wiel jou.

Genoeg daarvan…vir nou. Mag ons mense in hul duisende opruk na Majuba die komende naweek vir een van die lekkerste volksfeeste op die volkskalender. Neelsie hoop om sommer baie onbekende gesigte daar te sien, en ook dat baie onbekende ogies Neelsie se onbekende gesiggie sal sien. Asseblief mense, gee hierdie knapie nou goeie rede om in volgende week se weergawe van hierdie rubriek oor te borrel van volkstrots oor die uitstekende bywoning van die Majubafees by ons Majubaberg.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie